’n Lugkoördinaatstelsel of astronomiese koördinaatstelsel is ’n koördinaatstelsel wat in die sterrekunde gebruik word om die posisie van hemelliggame aan te dui.
Verskeie stelsels kan gebruik word:
die ekwatoriale koördinaatstelsel ten opsigte van die hemelewenaar
die horisontale koördinaatstelsel vanaf die waarnemer
die ekliptiese koördinaatstelsel ten opsigte van die sonnebaan
die galaktiese koördinaatstelsel ten opsigte van die vlak van die Melkweg