Los Angeles-klas duikboot
klas kernaangedrewe vinnige aanvalsduikbote van die Verenigde State se vloot / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Los Angeles-klasduikboot is 'n klas van kernaangedrewe duikbote van die Amerikaanse Vloot en die klas waarvan die meeste gebou is deur die Vloot. Daar is altesaam 62 duikbote van die klas in diens gestel tussen 1976 en 1996. Die duikbote het VS$1,56 miljard elk gekos teen 2018-pryse. Hulle het 'n ontwerpleeftyd van 30 jaar.