Loopvoëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Loopvoëls is die versamelnaam vir die belangrikste groep voëls wat nie kan vlieg nie. Hoewel die voëls almal egte vlerke met slagpenne en dekvere besit, gebruik hulle dit nie om mee te vlieg nie omdat hulle hul aangepas het by 'n leefwyse op die grond. Daarom is hul pote ook besonder goed ontwikkel. Voëls wat as loopvoëls beskou word, is volstruise, nandoes, kasuarisse, emoes en kiwi's. Volstruise word afsonderlik bespreek.