Lood(II,IV)oksied soms ook loodtetraoksied, menie of rooimenie is 'n gemengdevalensieverbinding van lood in sy twee belangrikste oksidasietoestande 2+ en 4+ met suurstof. Die chemiese formule is Pb3O4 en dit kan geskryf word as Pb2+2Pb4+O4.

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Eienskappe

Algemeen

NaamLood(II,IV)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule Pb3O4
Molêre massa685,9 [g/mol][1]
CAS-nommer1314-41-6[1]  
Voorkomsrooi vastestof[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=881,1pm; c=656,3pm [2]  
RuimtegroepP42/mbc [2] 
Nommer135
Smeltpunt (ontbind) 500 °C[1]
Kookpunt
Digtheid9,1 [g/cm3][1]
OplosbaarheidOnoplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Sluit

Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 2,1(1) eV. Die naam menie verwys na die Minius-rivier in die noordweste van Spanje.[3]

Kristalstruktuur

Lood(II,IV)oksied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur (ruimtegroep P42/mbc). Teen hoë drukke van 0,11-0,3 GPa skakel dit oor na 'n ortorombiese struktuur (fase II; ruimtegroep Pbam) en teen 5,54-6,6 GPa na 'n ander ortorombiese struktuur (fase III; ruimtegroep Pbam met 'n gehalveerde c-as). Die fase II word ook teen temperature onder 210K aangetref.[3]

Gebruike

Menie is reeds in die Egipte van die farao's as kleurstof gebruik en is in die Middeleeue dikwels as verf in die skilderkuns van die miniature aangewend. Die woord miniatuur is afgelei van die Latynse naam minium van menie.

Menie kan met lynolie gemengd as verf gebruik word, maar deur sy hoë digtheid sal die menie vinnig uitsak en as verf onbruikbaar word. 'n Mens kan nog meniestopverf daarvan maak.[4]

Menie word bv. as grondverf vir skepe gebruik wat aan korrosie deur seewater blootgestel gaan word[5], maar dit word vandag baie minder gebruik omdat die stof soos die meeste loodverbindings toksies is.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.