From Wikipedia, the free encyclopedia
Die linea alba (Latyn vir wit lyn) van die abdomen is ’n veselagtige struktuur wat in mense en ander gewerweldes in die middel van die abdomen af loop. In mense loop dit van die ensiforme kraakbeen tot by die simfise. Die linea alba is inderdaad wit omdat dit uit kollageenbindweefsel bestaan.
Dit word gevorm deur die samesmelting van die veselagtige bindweefsel, die aponeurose, van die spiere van die voorste maagwand, en dit skei die linker- en regter- reguit buikspier. By mense wat spiere bou, kan dit gesien word as die induikings wat ’n sespak vorm.
Omdat dit hoofsaaklik uit bindweefsel bestaan en nie belangrike senuwees of bloedvate bevat nie, is ’n insnyding deur die linea alba algemeen in chirurgie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.