From Wikipedia, the free encyclopedia
Lensopeningprioriteit, dikwels afgekort as A of Av (vir aperture value) in fotografie is ’n stelling by sommige kameras wat die fotograaf in staat stel om ’n spesifieke lensopening te kies terwyl die kamera die sluiterspoed sal kies om die regte beligting te verseker. Dit verskil van die handmodus, waar die gebruiker albei waardes self kies, sluiterprioriteit, waar die gebruiker ’n sluiterspoed kies en die kamera die regte lensopening, of die programmodus, waar die kamera albei waardes kies.
Die hoofdoel van lensopeningprioriteit is om die velddiepte te beheer. Dit is veral nuttig in landskapfotografie, waar ’n klein lensopening nodig is om voorwerpe van voor tot agter te laat skerp lyk, terwyl die sluiterspoed minder belangrik is. Dit kan ook in portretfotografie gebruik word om byvoorbeeld die agtergrond te verdof om die hoofvoorwerp te laat uitstaan.
In swak lig kan die fotograaf ook kies om ’n groot lensopening te gebruik om seker te maak soveel lig as moontlik die film bereik vir ’n goeie beligting.
Fotografie |
---|
Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie 35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens |
Wysig hierdie sjabloon |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.