Die lelkraanvoël (Bugeranus carunculatus) is 'n grondlopende voël in die familie Gruidae, en die enigste lid van die genus Bugeranus (Gloger, 1842).

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Lelkraanvoël
Thumb
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Bugeranus

Gloger, 1842
Spesie:
B. carunculatus
Binomiale naam
Bugeranus carunculatus
(Gmelin, 1789)
Sluit

Dit is die grootste en skaarsste van die kraanvoëlspesies in Afrika en is kwesbaar-bedreigd.

Identifikasie

Dit is 'n baie groot kraanvoël met 'n algemene lengte van 120 cm en kenmerkende lelle wat weerskante van die ken afhang, maar by jonges ontbreek.

Habitat

Pare en groepies kom yl versprei in vleie, moerasse, aan die oewers van groot mere en in hoogliggende grasveld voor. Die grootste aantal boer in die vleilande van Botswana. Hulle loop dikwels in vlak water op soek na kos. Die voëls is uiters waaksaam en laat 'n mens nie toe om naby hulle te kom nie.

Verspreiding

Hulle kom voor in Oos- en Suider-Afrika, moeras- en vleigebiede in Botswana, Sentraal-Zimbabwe en die noordoostelike dele van Namibië.

Hoewel hulle redelik algemeen in sekere dele van Suider-Afrika voorkom, het hierdie kraanvoël se getalle in Suid-Afrika self baie afgeneem; die spesíe word in die Republiek as 'n bedreigde spesie beskou.

Geluid

Die voëls is meestal stil, maar uiter soms 'n harde, uitgerekte, klokhelder "horuk".

Ander name

  • Engelse naam: wattled crane
  • Wetenskaplike naam: Bugeranus carunculatus

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.