Laurika Rauch
Suid-Afrikaanse sangeres / From Wikipedia, the free encyclopedia
Laurika Rauch (gebore 1 November 1950 in Pinelands, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Sy is een van die bekendste kontemporêre sangeresse in Afrikaans. Sy sing ook in Nederlands en Engels. Sy het in 1979 'n treffer gehad Kinders van die Wind, geskryf deur Koos du Plessis. Die lied het in die laat sewentigerjare prominent verskyn in die Afrikaanse televisiereeks Phoenix & Kie.
Kitsfeite Gebore, Oorsprong ...
Laurika Rauch | |
---|---|
Gebore | 1 November 1950 (1950-11-01) (73 jaar oud) Kaapstad |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Musikant |
Jare aktief | ~1979-nou |
Webwerf | laurikarauch.co.za |
Sluit