Kyalami Grand Prix-renbaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kyalami Grand Prix-renbaan (vanuit ikhaya lami, my tuiste in Zoeloe) is 'n motorrenbaan geleë in Midrand, Gauteng, Suid-Afrika. Die baan was gebruik vir Grand Prix Formule Eenwedrenne en het vele kere die Suid-Afrikaanse Grand Prix aangebied. Onder die Formule Eenwedrenne wat by die baan gehou is, staan die Grand Prix van 1977 uit, want dit word hoofsaaklik onthou vir die noodlottige ongeluk wat die lewens van veiligheidsbeampte Frederick Jansen van Vuuren en bestuurder Tom Pryce geëis het.
Ligging | Midrand, Gauteng, Suid-Afrika |
---|---|
Tydsone | SAST (UTC+02:00) |
Koördinate | 25°59′55″S 28°4′08″O |
Eienaar | Universal Property Professionals |
Geopen | 1961 |
Groot byeenkomste | A1 Grand Prix WesBank Superreeks Pro Tour |
1992 – huidig | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 4,26 km (2,65 mi) |
Draaie | 13 |
1988–1991 | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 3,89 km (2,42 mi) |
Draaie | 8 |
1961–1987 | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 4,104 km (2,55 mi) |
Draaie | 9 |
In onlangse jare het die gebied rondom die baan ontwikkel in 'n woongebied en sakevoorstad van Johannesburg. Meer onlangs het Kyalami gasheer gespeel vir vyf rondes van die Superfiets Wêreldkampioenskap 1998–2002 en later in 2009 en 2010, het die seisoenfinale van die Supersterrereeks in 2009 en 2010, en die Suid-Afrikaanse rondte van die 2008-09 A1 Grand Prix-seisoen hier plaasgevind.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.