![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7b/Beethoven_3.jpg/640px-Beethoven_3.jpg&w=640&q=50)
Koorfantasie in C, op. 80 (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Fantasie vir klavier, vokale soliste, gemengde koor en orkes, Op. 80, gewoonlik genoem die Koorfantasie, is in 1808 op 38-jarige ouderdom deur Ludwig van Beethoven gekomponeer.
Kitsfeite Toonaard, Taal ...
"Koorfantasie" | |
---|---|
deur Ludwig van Beethoven | |
![]() Detail van 'n portret van Beethoven deur Joseph Willibrord Mähler | |
Toonaard | C-mineur/C-majeur |
Taal | Duits |
Gekomponeer | 1808 |
Duur | Ongeveer 20 minute |
Partituur | Klavier, orkes, koor en soliste |
Première | |
Datum | Beethoven-konsert op 22 Desember 1808 |
Lokasie | Theater an der Wien, Wene |
Kunstenaars | Ludwig van Beethoven (klavier) |
Sluit
Beethoven se plan was dat die Koorfantasie sou dien as die slotwerk vir die fondkonsert wat hy op 22 Desember 1808 vir eie gewin aangebied het. Die musici het bestaan uit solosangers, 'n gemengde koor, 'n orkes, en Beethoven self as die pianis. Die werk was bedoel om al die deelnemers by die program in een werk te verenig.
Die werk word beskou as voorloper vir die latere Negende Simfonie.