Kolligatiewe eienskappe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kolligatiewe eienskappe is in die termodinamika dié eienskappe wat net deur die aantal deeltjies en nie deur hulle grootte of massa bepaal word nie. Kolligatiewe eienskappe kan gebruik word om die molêre massa van 'n onbekende stof te bepaal, hoewel dit nou meestal meer van geskiedkundige dan van praktiese waarde is.