From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Aansitter of aansitmotor (ook tong-in-die-kies 'n knormoer genoem) is 'n elektriese motor wat gebruik word om 'n binnebrandenjin, soos 'n petrol- of dieselenjin, aan die gang te kry.
Die elektromotor word vanaf die voertuig se battery aangedryf. Omdat die elektriese stroom te groot is om direk aan die motor te koppel, word 'n aflos ('n soort relê) ingespan om te keer dat dit brand. Die aansitter het 'n klein tandrat, wat by die kransrat op die vliegwiel inskakel. Die aansitter bring die vliegwiel, waaraan die krukas vas in, in beweging. Die verskillende suierslae kom dan in werking sodat die enjin by ontsteking self begin loop.
'n Elektriese aansitter is oor die algemeen 'n gelykstroommotor wat in serie gekoppel is. Dit is 'n groot energieverbruiker wat die battery in 'n kort tydjie kan ontlaai (sowat 10 minute) as die enjin om een of ander rede nie wil begin loop nie. Die aansitmotor ontwikkel ook heelwat warmte, en word maklik beskadig as dit ooreis word.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.