Die Klein Handgewignewel (ook bekend as Messier 76, NGC 650/651 of die Kurknewel[1]) is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Perseus. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Klein Handgewignewel | ||||
Die Klein Handgewignewel, of Messier 76. | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Perseus | |||
Messier-naam | Messier 76 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 42,4m | |||
Deklinasie | +51º 34' 31" | |||
Skynmagnitude (m) | 10,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 2 500 | |||
Skynbare grootte | 2',7 × 1',8 | |||
Ander name | ||||
NGC 650/651 | ||||
|
Heber Curtis het dit in 1918 eerste as ’n planetêre newel geïdentifiseer. Daar is egter teenstand teen dié feit aangesien Isaac Roberts in 1891 al gesê het M76 is dalk soortgelyk aan die Ringnewel (M57), maar word van die kant af gesien.[2] M76 se afstand word geraam op sowat 2 500 ligjare (780 parsek),[3] wat beteken sy deursnee is sowat 1,23 ligjare (0,378 parsek).[4]
Die newel het ’n skynbare magnitude van 10,1 en sy sentrale ster is 15,9 mag.[1] Die ultravioletlig van die ster reik buite die buitenste lae wat die huidige newel vorm en het ’n oppervlaktemperatuur van sowat 88 400 kelvin. Die newel beweeg teen −19,1 km/s−1 in die rigting van ons sonnestelsel.[5]
Die Klein Handgewignewel kry sy naam van sy ooreenkoms met die Handgewignewel (M27) in die sterrebeeld Vos. Daar is oorspronklik gedink dit bestaan uit twee aparte emissienewels en dit het dus twee katalogusnommers gekry in die New General Catalogue, NGC 650 en NGC 651. Dit word deur sommige beskou as een van die flouste en moeiliks sigbare Messier-voorwerpe.
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.