Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die kitaar, of ghitaar, is 'n snaarinstrument wat in 'n verskeidenheid musiekstyle gebruik word. Dit is een van die hoofinstrumente in blues-, country-, flamenco-, pop- en rockmusiek. Die kitaar het gewoonlik ses snare, maar daar bestaan ook kitare met vier, sewe, agt, tien en twaalf snare.
Snaarinstrumente soortgelyk aan die kitaar is al vir ten minste 5000 jaar lank bekend. Dit wil voorkom asof die kitaar afgelei is van instrumente wat bekend was in antieke Sentraal-Asië en daar as die cithara bekend gestaan het. Instrumente met baie ooreenkomste met die kitaar kan gesien word in beeldjies wat opgegrawe is in die ou Persiese hoofstad Soesa. Die Persiese woord taar beteken ook snaar.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.