From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Kettingsaag is 'n draagbare, meganiese saag wat met 'n stel tande sny wat verbonde is aan 'n roterende ketting wat langs 'n gidsplaat loop. Dit word gebruik in aktiwiteite soos om bome af te kap, snoei, voorbrande te sny vir brandvoorkoming en die oes van vuurmaakhout.
Kettingsae met spesiaal ontwerpte plaat- en kettingkombinasies is ontwikkel as gereedskap vir gebruik in kuns en meulens. Gespesialiseerde kettingsae word gebruik vir die sny van beton. Kettingsae word soms gebruik word vir die sny van ys, byvoorbeeld vir ys beeldhouwerk en in Finland vir winter swem.
Kettingsae het byna geheel en al die eenvoudige mens-aangedrewe sae in bosbou vervang. Hulle is in verskeie groottes beskikbaar, van klein elektriese sae bedoel vir huis en tuingebruik, tot groot houtkappersae. Lede van die militêre ingenieurseenhede (geniekorps) is opgelei om kettingsae te gebruik, so ook brandweermanne om bosbrande te beveg en struktuurbrande te ventileer.
Kettingsae se enjins is tradisioneel óf 'n tweeslag petrol binnebrandenjin (gewoonlik met 'n silindervolume van 30 tot 120 cm3) of 'n elektriese motor aangedryf deur 'n battery of elektriese krag. Binnebrandenjins word tans voorsien deur middel van 'n tradisionele vergasser of 'n elektronies verstelbare vergasser.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.