From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Kettingrat is n meganiese komponent wat in verskeie toepassings vir roterende kragoordrag gebruik word. Dit bestaan uit 'n wiel met tande reg rondom waaroor 'n ketting skakel, om sodoende sonder om te gly, kragoordrag aan 'n volgende kettingrat voorsien. 'n Kettingrat word gewoonlik op 'n as vasgemaak met 'n splitpen wat in 'n speigleuf op beide die kettingrat en as pas.
By sekere meganiese toestelle is "glip" of glyery op kragoordragmeganismes 'n groot probleem, want as die hoekverplasing van die twee aste uit fase is kan dit skade aan die masjien veroorsaak. 'n Goeie voorbeeld hiervan is 'n binnebrandenjin. Wanneer die suier opkom moet die kleppe toe wees, anders sal die suier die kleppe raakslaan, wat wanrigting op die suier kan veroorsaak en dan die enjin as 'n geheel buite werking kan laat. Om hierdie rede word 'n ketting en kettingrat dikwels gebruik vir die tydhou van enjins se kleppe met behulp van 'n nokas.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.