![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/Ke%25C3%25ABlsnit.png/640px-Ke%25C3%25ABlsnit.png&w=640&q=50)
Keëlsnit
From Wikipedia, the free encyclopedia
In wiskunde is 'n keëlsnit 'n kromme wat gevorm word deur die snyding van 'n keël (meer nougeset 'n regsirkulêre keëloppervlak) met 'n vlak. Keëlsnitte sluit in sirkels, ellipse, parabole en hiperbole. Keëlsnitte is solank terug as 200 v.C. bestudeer toe Apollonius van Perga 'n stelselmatige studie oor hulle eienskappe onderneem het. Hoewel die Grieke reeds van die optiese eienskappe van die krommes ontdek het word dit egter eers teen die 16de eeu buite optika toegepas toe Johannes Kepler ontdek het dat planete in elliptiese wentelbane om die son beweeg en Galileo bewys het dat projektielbeweging parabolies is. Die keëlsnitte het almal unieke weerkaatsingseienskappe waarvan veral die van die parabool belangrik is vir satellietskottels, teleskope en by beligting. Parabole, ellipse, sirkels en hiperbole word ook as gevolg van estetiese en strukturele eienskappe algemeen in boukuns gebruik in byvoorbeeld hiperboloïde water- en verkoeltorings of die paraboliese boë van die Asphalt Green Aquacenter in New York.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/90/Ke%C3%ABlsnit.png/320px-Ke%C3%ABlsnit.png)