Katlehong is 'n township ongeveer 35 kilometer suidoos van Johannesburg. Dit lê tussen die townships Thokoza en Vosloorus in Gauteng, Suid-Afrika langs die N3 snelweg wat van Johannesburg na Durban loop.
Katlehong | |
---|---|
Township | |
Koördinate: 26°20′S 28°9′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Stigting | 1945 |
Oppervlak | |
• Totaal | 55,36 km2 (21,37 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 407 294 |
• Digtheid | 7 400/km2 (19 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Katlehong bestaan al sedert 1945. Volgens die 2011-sensus het dit ongeveer 407 300 inwoners. Dit is die digbevolkste gebied in Gauteng. Na Soweto is dit die grootste township in Suid-Afrika volgens oppervlak, en die derde grootste volgens die aantal inwoners.
Die omgewing is 'n industriële gebied, maar meeste van die inwoners is werkloos. Die kinders hier gaan graag skool, waar vele van hulle 'n maaltyd van die owerheid kry, meestal brood met konfyt of grondboontjiebotter. Baie van die kinders is Vigs-wesies.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.