From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Karmapa (ook "Sy Heiligheid die Gyalwa Karmapa" of die "Karmapa Lama") is die hoof van die Karma Kagyu-skool van die Kagyu, wat een van die vier belangrikste skole van Tibettaanse Boeddhisme is. Die historiese setel van die Karmapa is die Tsurphu-klooster in Tibet. Sy hoofsetel in bannelingskap is die Dharma Chakra-sentrum in Indië.
Vertalings | ||
Tibettaans | རྒྱལ་བ་ཀརྨ་པ་ | |
Tradisionele Sjinees | 噶瑪巴 | |
Vereenvoudigde Sjinees | 噶玛巴 | |
Pinyin | gámǎbā |
Die eerste Karmapa was Düsum Khyenpa (1110–1193), ’n dissipel van die Tibettaanse meester Gampopa. Die vorige (16de) Karmapa was Rangjung Rigpe Dorje (1924–1981). Daar is tans ’n omstredenheid in die Karma Kagyu-skool oor wie die eintlike huidige 17de Karmapa is: Trinley Thaye Dorje of Ogyen Trinley Dorje.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.