![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/Karibik_NASA_World_Wind_Globe.jpg/640px-Karibik_NASA_World_Wind_Globe.jpg&w=640&q=50)
Karibiese gebied
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Karibiese gebied (Engels: Caribbean; Frans: les Caraïbes; Haïtiaanse Kreools: Karayib; Jamaikaanse Patois: Kiaribiyan; Nederlands: De Caraïben; Papiaments: Karibe; Spaans: El Caribe) is 'n streek in die westelike tropiese deel van die Atlantiese Oseaan, noord van die ewenaar. Dit bestaan uit die Karibiese See en die Wes-Indiese Eilande. Die Karibiese gebied is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van 2 754 000 km² en 'n bevolking van 39 169 962. Die Karibiese gebied behoort tot Noord-Amerika; net die eilande van Colombia en Venezuela asook die drie Guyana's word as 'n deel van Suid-Amerika beskou.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/44/Karibik_NASA_World_Wind_Globe.jpg/640px-Karibik_NASA_World_Wind_Globe.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/85/CIA_map_of_the_Caribbean.png/640px-CIA_map_of_the_Caribbean.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/62/Caribbean_%28orthographic_projection%29.svg/320px-Caribbean_%28orthographic_projection%29.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Caribbean_maritime_boundaries_map.svg/640px-Caribbean_maritime_boundaries_map.svg.png)