Kanon van die Nederlandse letterkunde
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kanon van die Nederlandse letterkunde is in 2002 deur die lede van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde omskryf. Die kanon omvat volgens die stemmers sowat 100 van die klassiekste letterkundige skrywers en die 125 klassiekste letterkundige werke uit die Nederlandse taalgebied. Die volgorde en samestelling in albei onderdele van die kanon het tot stand gekom op basis van die stemme wat uitgebring is.
Op 1 Julie 2015 sien 'n nuwe Canon van de Vlaams-Nederlandse literatuur (ook: De canon van de Nederlandse Literatuur vanuit Vlaams perspectief) met 51 titels die lig, waarin baie aandag bestee word aan die Vlaamse letterkundige erfgoed. Die lys is saamgestel in opdrag van die Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal- en Letterkunde in Vlaandere en die Vlaams Fonds voor de Letteren.