![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Kanamycin_A.svg/langaf-640px-Kanamycin_A.svg.png&w=640&q=50)
Kanamisien
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kanamisiensulfaat is 'n aminoglikosied-antibiotikum wat uit die bakterie Streptomyces kanamyceticus geïsoleer word. Kanamisien beïnvloed die 30S- ribosomale subeenheid en veroorsaak dat die bakterieë óf nie proteïene kan sintetiseer nie, óf dat die sintese van proteïene foutief voortgaan.
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Kanamycin_A.svg/320px-Kanamycin_A.svg.png)
Kanamisien word gebruik om infektiewe diarree en middelweerstandige tuberkulose te behandel. Newe-effekte van kanamisien sluit aantasting van die gehoor in, en moet dus nooit aan groeiende kinders gegee word nie. Die newe-effek op gehoor is dosis-afhanklik, maar indien 'n te hoë dosis te lank toegedien word, kan dit onomkeerbare skade veroorsaak.