Kadıköy
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kadıköy (die antieke en Bisantynse Chalcedon) is ’n groot, dig bevolkte en kosmopolitiese distrik van Istanboel, Turkye, aan die Asiatiese kant van die See van Marmara.
Kadıköy is ook die naam van die mees prominente buurt van die distrik, ’n woon- en kommersiële gebied wat met sy talle kroeë, bioskope en boekwinkels die kulturele middelpunt van die Anatoliese kant is. Kadıköy het in 1928 ’n distrik geword toe dit van die Üsküdar-distrik afgestig het. Die bevolking van die distrik volgens die 2007-sensus is 509 282.