![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ca/Egypt.KV8.01.jpg/640px-Egypt.KV8.01.jpg&w=640&q=50)
KV8
From Wikipedia, the free encyclopedia
KV8 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is gebruik vir die begrafnis van farao Merneptah van die 19de Dinastie.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e9/KV8_Merenptah_Schematic.jpg/640px-KV8_Merenptah_Schematic.jpg)
Kitsfeite
KV8 | ||
Grafkelder van Merneptah | ||
![]() | ||
Merenptah se steensarkofaag in KV8. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | ![]() | |
Ontdek | Oop in antieke tye | |
Uitgrawings deur | Howard Carter | |
Sluit
Die grafkamer, aan die einde van 'n gang van 160 meter, het aanvanklik vier sarkofae binne-in mekaar bevat. Die buitenste een was so groot dat van die deurkosyne in die gang afgebreek en oorgebou moes word om dit in te kry.
Die pilare in kamer F is ook verwyder om die sarkofaag in te kry. Net twee is vervang; die ander twee is weg.