From Wikipedia, the free encyclopedia
Julien Offray de Lamettrie (soms ook La Mettrie, * 25 Desember 1709 in Saint-Malo (Frankryk), † 11 November 1751 in Potsdam (Duitsland)) is 'n Franse arts en filosoof, wat veral as die grondlegger van die psigologiese materialisme en die empiries-wetenskaplike geneeskunde bekendheid verwerf het.
Julien Offray de Lamettrie | |
Gebore | 23 November 1709 Saint-Malo, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 11 November 1751 (op 42) Potsdam, Pruise |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Mind-body probleem |
Beïnvloed deur | John Locke, François-Joseph Hunauld, Herman Boerhaave |
Invloed op | François Picavet, Michel Onfray |
Sy belangrikste filosofiese werke is Histoire naturelle d'âme (Die natuurgeskiedenis van die siel, 1745) en L'homme machine (Die mens - 'n masjien, 1747). Met die "Natuurgeskiedenis van die siel" en sy meganistiese sienswyse van die menslike bewussyn veroorsaak de Lamettrie 'n skandaal in Frankryk. Hy wyk as balling uit na die hof van die verligte koning Frederik II van Pruise.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.