John Tengo Jabavu
From Wikipedia, the free encyclopedia
John Tengo Jabavu (11 Januarie 1859 – 10 September 1921) was 'n swart politieke aktivis en die redakteur van Suid-Afrika se eerste koerant wat in 'n swart taal uitgegee is.
John Tengo Jabavu | |
---|---|
John Tengo Jabavu met sy seun Davidson Don Tengo Jabavu omstreeks 1903. | |
Gebore | 11 Januarie 1859 Heraldtown, Transkei |
Sterf | 10 September 1921 (op 62) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer en joernalis |
Eggenoot | Elda Sakuba |
Kinders | 4 |
In 1876 het Jabavu redakteur geword van Isigidimi Sama Xosa ("Die Xhosa Boodskapper"), en teen die vroeë 1880's het hy 'n belangrike politieke figuur geword. Jabavu het veral geskryf oor die bedreiging wat die opkoms van Afrikanernasionalisme ingehou het en eise gestel vir gelyke regte vir swart mense in Suid-Afrika. Tengo Jabavu was ook 'n voorstander van vroueregte sowel as openbare onderwys.
In 1884 stig Tengo Jabavu sy eie koerant, Imvo Zabantsundu ("Mening van die swart mense"); 'n jaar later trou hy met Elda Sakuba, wat in 1900 sterf nadat sy die lewe geskenk het aan vier seuns. Die oudste van die seuns, Davidson Don Tengo Jabavu sou later 'n skrywer van aansien en aktivis in eie reg word; die tweede oudste, Alexander, het John Tengo Jabavu as redakteur van Imvo Zabantsundu, opgevolg na sy dood in 1921 by D.D.T. Jabavu se huis by Fort Hare.