Engelse skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia
John Robert Fowles (/faʊlz/; 31 Maart 1926 – 5 November 2005) was 'n Engelse romansier van internasionale statuur, wat op kritiese wyse geposisioneer was tussen modernisme en postmodernisme. Sy werk reflekteer onder andere die invloed van Jean-Paul Sartre en Albert Camus.
John Robert Fowles | |
---|---|
Gebore | 31 Maart 1926 |
Sterf | 5 November 2005 |
Nasionaliteit | Engeland |
Beroep | Skrywer |
Nadat hy die Universiteit van Oxford verlaat het, het Fowles Engels gegee by 'n skool op die Griekse eiland van Spetses, 'n verblyf wat "The Magus" geïnspireer het, welke werk in 'n ommesientjie in 'n topverkoper ontaard het. Die werk was duidelik in pas met die 1960's se "hippy" anargisme en eksperimentele filosofie. Dit was gevolg deur "The French Lieutenant's Woman" (1969), 'n Victoriaanse-era roman met 'n postmodernistiese nadraai wat afgespeel het in Lyme Regis, Dorset, waar Fowles vir 'n groot deel van sy lewe gewoon het. Sy latere fiksionele werke sluit "The Ebony Tower", "Daniel Martin", "Mantissa", en "A Maggot" in.
Fowles se boeke is reeds in verskeie tale vertaal; en talle is al aangepas vir rolprent.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.