Johannes du Plessis Scholtz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Johannes du Plessis Scholtz (14 Mei 1900 – 26 Januarie 1990) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar. Hy het in 1943 die Hertzogprys vir Wetenskaplike Prosa gewen met sy boek Die Afrikaner en sy taal, 1805–1875.
Johannes du Plessis Scholtz | |
---|---|
Gebore | 14 Mei 1900 Hottentots-Holland, Kaapkolonie |
Sterf | 26 Januarie 1990 (op 89) Nuweland, Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, taalhistorikus, kunsversamelaar |
Titel | Professor |
Eggenoot | Helena Elizabeth Zoraide geb. Heyse |
Kinders | Jacob Jan du Plessis Scholtz |
Prof. Scholtz het artikels oor die interne en eksterne geskiedenis van die Afrikaanse taal bygedra tot die Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Dit het die geskiedenis behandel van die ontstaan en ontwikkeling van die taal en van sy stryd om oorlewing en erkenning. Dit was gegrond op oorspronklike navorsing en bevat nie inligting wat elders in druk verskyn het nie. Talle vakgenote het gevra dat die oorspronklike Afrikaanse teks (die Engelse artikels was 'n vertaling daarvan) in ’n afsonderlike boek uitgegee word. Dit het gebeur in 1980 met die verskyning van Wording en ontwikkeling van Afrikaans by Tafelberg-Uitgewers en is minstens een keer herdruk.