Jeremiah Horrocks
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jeremiah Horrocks (1618 – 3 Januarie 1641) was 'n Engelse sterrekundige. Hy was die eerste persoon wat kon bewys dat die Maan in 'n elliptiese wentelbaan om die Aarde beweeg. Hy was ook die enigste persoon wat die oorgang van Venus in 1639 voorspel het. Hy en sy vriend, William Crabtree, het dié gebeurtenis waargeneem en gedokumenteer, die eerste mense wat dit gedoen het.
Kitsfeite Gebore, Oorlede ...
Jeremiah Horrocks | |
![]() | |
Gebore | 1618 Lower Lodge, Otterspool, Toxteth Park, Liverpool, Lancashire, Engeland |
---|---|
Oorlede | 3 Januarie 1641 Toxteth Park, Liverpool, Lancashire, Engeland |
Blyplek | Engeland |
Burgerskap | ![]() |
Nasionaliteit | ![]() |
Vakgebied | Sterrekunde wiskunde meganika |
Alma mater | Universiteit van Cambridge |
Bekend vir | Oorgang van Venus Getye Elliptiese wentelbaan Maanwentel |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Horrocks_Venus_in_sole.jpg/640px-Horrocks_Venus_in_sole.jpg)
Horrocks is op 'n jong 22-jarige ouderdom oorlede. Weens sy vroeë dood en die chaos van die Engelse Burgeroorlog het sy verhandeling, Venus in sole visa, byna verlore geraak. Vandag word hy as een van die stigterslede van die Britse sterrekunde erken.