From Wikipedia, the free encyclopedia
Jayavarman IX, ook bekend as Jayavarmadiparamesvara, was van 1327 tot 1336 koning van die Khmer-ryk.
Jayavarman IX | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 1327-1336 |
Voorganger | Indrajayavarman |
Opvolger | Trosok Peam |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Indrajayavarman |
Hy was nes sy pa, Indrajayavarman, ’n Shaivis. Volgens die Kambodjaanse Koniniklike Kroniek, waarin hy "Sihanouk" genoem word, is hy in 1336 deur die hoof van die koninklike tuin vermoor voordat dié met Jayavarman se dogter getrou en sy plek op die troon ingeneem het. Dit is egter moontlik ’n legende.
Jayavarman IX is die laaste koning wat deur inskripsies op monumente genoem word, en die laaste Sanskrit inskripsie dateer uit sy bewind.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.