Jarmo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jarmo (Qal'at Jarmo) (Koerdies: Çermo) is ’n prehistoriese argeologiese terrein in die hedendaagse Irak, aan die voorheuwels van die Zagrosberge. Dit lê op ’n hoogte van 800 m bo die seevlak in ’n gordel woudland van eike- en pistachiobome. Uitgrawings het onthul Jarmo was ’n landbougemeenskap wat van 7090 v.C. dateer. Dit was ’n tydgenoot van sulke belangrike Neolitiese terreine soos Jericho in die Suid-Levant en Çatal Hüyük in Anatolië.
Kitsfeite
Jarmo | ||
Die Neolitiese dorpie Jarmo in Irak, 2021. | ||
Plaaslike naam | Çermo | |
Land | Irak | |
Soort | Nedersetting | |
Streek | Mesopotamië | |
Geskiedenis | ||
Gestig | Omstreeks 7500 v.C. | |
Tydperk | Neolitikum |
Sluit