James Kennedy
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
James Carleton Kennedy (gebore op 2 September 1963 in Orange City, Iowa) is 'n Amerikaanse geskiedkundige.
James Kennedy | |
James Kennedy in 2009 | |
Geboortenaam | James Carleton Kennedy |
---|---|
Gebore | 2 September 1963 Orange City, Iowa |
Blyplek | Amersfoort, Nederland |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Moderne geskiedenis van Nederland |
Instelling(s) | Universiteit Utrecht |
Sy vader was 'n Amerikaner en sy moeder 'n Nederlander. Hy het opgegroei in sy geboortestad. Baie inwoners van Orange City is van Nederlandse herkoms.
Kennedy het buitelandse betrekkinge gestudeer aan die Georgetown University (Bachelor of Arts) en teologie aan die Calvin Theological Seminary (Master of Arts). Sy PhD in geskiedenis het hy aan die University of Iowa behaal.
Kennedy het onder meer gewerk as geskiedenisprofessor en -navorser aan die A. C. Van Raalte-instituut van die Hope College (1997-2003) en as geskiedenisprofessor aan die Vrye Universiteit Amsterdam (2003-2007). Van 2007 tot 2009 was hy professor van die 20ste eeuse geskiedenis van Nederland en van 2009 tot 2015 van de Nederlandse geskiedenis sedert die Middeleeue aan die Universiteit van Amsterdam. Van Oktober 2015 tot Desember 2000 was hy dean (dekaan) van die (Engelstalige) University College Utrecht. Sedert November 2022 is hy professor van die moderne Nederlandse geskiedenis aan die Universiteit Utrecht.
Hy is 'n Christen en word daarom ook as 'n Christen-geskiedkundige aangedui. Hy glo dat God die wêreld bestuur maar hy is versigtig om te sê hoe.
James Kennedy is getroud met Simone Kennedy-Doornbos (1970). Sy was die voorsitster van die ChristenUnie in die munisipale raad van Amersfoort en is sedert 2023 'n lid van die Eerste Kamer van die Stategeneraal. Hulle het drie kinders. Die gesin is lid van die Gereformeerde Kerke (Vrygemaak).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.