James Irwin
From Wikipedia, the free encyclopedia
James Benson "Jim" Irwin (* 17 Maart 1930 – † 8 Augustus 1991; kolonel) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, lugvaartingenieur, toetsvlieënier en 'n vlieënier in die Amerikaanse Lugmag. Hy is gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5 en was die maanmodulevlieënier vir Apollo 15, wat die vierde maanlanding uitgevoer het.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
James Irwin | |
---|---|
James Irwin in Oktober 1971 | |
Gebore | James Benson Irwin (1930-03-17)17 Maart 1930 |
Sterf | 8 Augustus 1991 (op 61) Glenwood Springs, Colorado |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder, toetsvlieënier |
Bekend vir | Agste man wat op die Maan geloop het |
Eggenoot | Mary Ellen Monroe (1959-1991) |
Ouer(s) | James Irwin Elsa Mathilda Irwin (née Strebel) |
Sluit
Irwin was die agste persoon wat op die Maan geloop het en die eerste van die twaalf wat tot sterwe gekom het. Hy sterf in 1991 na 'n reeks afsonderlike hartaanvalle wat hy meestal weens inspanning tydens sportbeoefening opgedoen het.