![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d6/Immature_jalapeno_capsicum_annuum_var_annuum.jpeg/640px-Immature_jalapeno_capsicum_annuum_var_annuum.jpeg&w=640&q=50)
Jalapeño
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Jalapeño is 'n mediumgroot rissiekultivar van die spesie Capsicum annuum.[1] 'n Ryp jalapeñorissie is 5-10 cm lank en 25-38 mm breed. Dit kan 'n variasie van brandgrade hê, met brandeenhede van 4 000 tot 8 500.[2] op die Scoville-skaal.
Kitsfeite Spesie, Kultivar ...
Jalapeño | |
---|---|
![]() Jalapeño's aan die boom wat nog nie ryp is nie. | |
Spesie | Capsicum annuum |
Kultivar | Jalapeño |
Oorsprong | Mexiko |
Scovilleskaal | 4 000 tot 8 500 |
Brandgraad | ![]() |
Sluit
Dit word meestal gepluk terwyl dit nog groen is, maar soms word jalapeño's aan die boom gelos om ten volle ryp te word. Dan word hulle rooi, oranje of geel. Jalapeño's brand gewoonlik minder as die soortgelyke serranorissie.[3]