Iztaccíhuatl
From Wikipedia, the free encyclopedia
Iztaccíhuatl (Nahuatl: Iztāccihuātl [istakˈsiwatɬ] of [iʃtakˈsiwatɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate México en Puebla geleë is. Met 'n hoogte van 5 230 meter is dit die derde hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl en die Popocatépetl.
Kitsfeite
Iztaccíhuatl | |
---|---|
Ligging | Meksiko |
Hoogte | 5 230 meter bo seevlak |
Reeks | Sierra Volcánica |
Koördinate | 19°10′39″N 98°37′58″W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | Holoseen |
Eerste bestyging | 1889 |
Eerste bestyger(s) | James de Salis |
Vertaling van naam | Wit vrou (Nahuatl) |
Sluit
Die Iztaccíhuatl is halfpad tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die suidooste geleë. Net suid lê die tweelingsvulkaan Popocatépetl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "wit vrou".