Istanbul Atatürk-lughawe (voormalige IATA-kode: IST, ICAO: LTBA) was die belangrikste internasionale lughawe wat Istanboel, Turkye bedien het (gevolg deur Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe), totdat dit gesluit is vir kommersiële passasiersvlugte op 6 April 2019. Hierna is alle vlugte na die nuwe Istanbul Lughawe verskuif.[1][2] Alle vragbedrywighede is ook op 5 Februarie 2022 verskuif, waarna die lughawe voortgegaan het om algemene lugvaart te bedien tot sy finale sluiting.

Kitsfeite IATA: IST – ICAO: LTBA, Opsomming ...
Istanbul Atatürk Lughawe
Thumb
Thumb
IATA: ISTICAO: LTBA
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Algemene Direktoraat van Staatslughawens
Operateur TAV Lughawens
Bedien Istanboel, Turkye
Ligging Yeşilköy
Spil vir Atlasjet
Pegasus Airlines
Turkish Airlines
Hoogte bo seevlak 163 vt / 50 m
Koördinate 40°58′34″N 028°48′51″E
Webtuiste www.ataturkairport.com
Landkaart
Thumb
IST
IST

Ligging in Turkye

Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
17L/35R 3 000 9 843 Beton
17R/35L 3 000 9 843 Beton
05/23 2 580 8 465 Gegroefde teer
Statistieke (2019)
Totale passasiers 16 112 804
Internasionale passasiers 11 876 601
Bron: Turkse Lugvaartinligtingspublikasie
Sluit

Geskiedenis

Dit is in 1924 geopen en is geleë in Yesilköy, aan die Europese kant van die stad, 24 km (15 myl) wes van die sentrum van die stad. In 1980 is die lughawe herdoop na Atatürk Internasionale Lughawe ter ere van Mustafa Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Republiek van Turkye. Dit het oor die 51 miljoen passasiers bedien in 2013, wat dit die 17de besigste lughawe in die wêreld gemaak het in terme van totale passasiersverkeer en die 10de besigste in die wêreld in terme van internasionale passasiersverkeer. Dit was die 5de besigste lughawe in Europa in 2013, net na Amsterdam.[3][4]

Die Turkse Kamer van Siviele Ingenieurs lys Atatürk Internasionale Lughawe as een van die vyftig siviele ingenieursprestasies in Turkye. By die "Air Transport News" toekenningsgeleentheid van 2013 is Istanbul Atatürk-lughawe benoem as "Lughawe van die Jaar".[5] Die lughawe is ook benoem as "Beste Lughawe in Europa" in die 40-50 miljoen passasiers per jaar kategorie by die 2013 Wêreld Skytrax Lughawe toekenningsgeleentheid.[6]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.