![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6a/SouthernAfricaRailwayMap_1901.png/640px-SouthernAfricaRailwayMap_1901.png&w=640&q=50)
Imperiale Militêre Spoorweë
Spoorwegstelsel wat tydens die tweede Boereoorlog deur die Britse leër bedryf word / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Imperiale Militêre Spoorweë (Engels: Imperial Military Railways of IMR) was 'n spoorwegnetwerk wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britse leër gebruik is. Die IMR-raad het direkte beheer oor die voormalige spoorweë van Oranje-Vrystaat en van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) gehad en 'n toesighoudende rol oor die spoorweë van die Natalkolonie en die Kaapkolonie. Die onderneming is enkele dae voor die uitbreek van die oorlog deur die Britse regering as deel van die Britse leër gestig en na die oorlog is die onderneming aan die nuwe regerings van die Oranjerivierkolonie en die Transvaalkolonie oorhandig.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6a/SouthernAfricaRailwayMap_1901.png/640px-SouthernAfricaRailwayMap_1901.png)