voorgereg in Franse kookkuns From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Hors d'oeuvre (Franse spelling: hors-d'œuvre, Franse uitspraak: ɔʁ dœvʁ) of voorgereg is 'n klein dis wat in die Europese kookkuns voor 'n hoofmaaltyd bedien word[1]. Sommige hors d'oeuvres word koud bedien en ander warm. Hors d'oeuvres word soms ook aan tafel bedien as deel van die hoofgereg of voordat gaste hul sitplekke inneem, soos bv. tydens 'n funksie of skemerkelkiepartytjie. Hors d'oeuvres is voorheen ook tussendeur geregte bedien.[2]
'n Hors d'oeuvre is tipies kleiner as die hoofgereg en word dikwels as vingerete bedien.[3]
Hors-d'œuvre in Frans beteken letterlik "buite die werk"—dit wil sê, "nie deel van die gebruiklike geregte van 'n maaltyd nie." In die praktyk is dit 'n dis wat as versnappering dien of wat verband hou met die hoofgereg.[4][5] Die Franse spelling van die woord is in beide die enkelvoud en meervoud soortgelyk aan mekaar.
Hors d'oeuvre staan ook bekend as die voorgereg of entrée.
'n Klein aantal koshistorici glo dat die tradisie moontlik in Rusland begin het, waar klein versnaperinge vis, kaviaar en vleis 'n algemene verskynsel was na lang reise. Die moontlikheid bestaan egter dat die gebruik in China ontstaan het, met Chinese wat moontlik deur die Steppe na Rusland, Skandinawië, Frankryk en ander Europese lande gereis het. Die tradisie het moontlik Italië, Griekeland en die Balkan-nasies by wyse van kontak met Rusland of Persië bereik. Trouens, verskeie skynbaar unieke en nasionale gebruike hou verband met mekaar, soos bv. die Sweedse smörgåsbord, Russiese zakoeska, Libanese mezze en Italiaanse antipasto. Gedurende die Romeinse periode was die gebruik tydens maaltye om twee hoofgeregte te benut wat voor die tyd aangevul is met klein hoeveelhede vis, groente, kaas, olywe en selfs opgestopte relmuise (in Engels edible dormouse)[6][7] Dit is aan die begin van die ete wat bekend gestaan het as gustatio of promulsis bedien. Die Grieke het die voorgereg propoma genoem.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.