Heroïen
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Heroïen (C21H23NO5 of diasetielmorfien) is 'n kleurlose, bitter, kragtige, sintetiese opioïed (bykans twee maal so sterk soos morfien in analgetiese aksie). Die besit, handel en vervoer hiervan is onwettig in die meeste lande, Suid-Afrika ingesluit. Heroïen word van morfien vervaardig. Dit kom onder meer in die vorm van wit poeier of bruin kristalle voor. Straatheroïen is meestal onsuiwer en word opsetlik met vulstowwe soos melksuiker vermeng. Heroïen word gerook, gesnuif en ook ingespuit. Dit is fisies en psigies uiters verslawend.
Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Algemeen | |
---|---|
Naam | Heroïen |
IUSTC-naam | [(4R,4aR,7S,7aR,12bS)-9-asetieloksi-3-metiel-2,4,4a,7,7a,13-heksahidro-1H-4,12-metanobensofuro[3,2-e]isokwinolien-7-yl] asetaat[1] |
Chemiese formule | C21H23NO5 |
Molêre massa | 369,4 [g/mol][2] |
CAS-nommer | 561-27-3[2] |
Reuk | karakteristiek[2] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=738,10(10); b=3209,6(2); 788,40(10); beta=94,94(11)°[3] |
Ruimtegroep | P21 |
Nommer | 4 |
Smeltpunt | 173 °C[1] |
Kookpunt | 272-274 °C @ 12 mmHg[1] |
Digtheid | 1,56[1] |
Oplosbaarheid | 60 mg/L[1]; DMF 25[mg/mL]; DMSO= 10 [mg/mL]; etanol: 1 [mg/mL][2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 7,95 @ 25 °C[1] |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 22,5 [mg/kg] (rot; intraveneus)[2] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Sluit