![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/ee/Prof_HES_Fremantle.jpg/640px-Prof_HES_Fremantle.jpg&w=640&q=50)
Henry Fremantle
From Wikipedia, the free encyclopedia
Henry Eardly Stephen Fremantle (Bedwell Park, Hatfield, Hertfordshire, Engeland, 6 Augustus 1874 – Kaapstad, Kaapland, Suid-Afrika, 6 September 1931) was ’n Suid-Afrikaanse geleerde en politikus.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/e/ee/Prof_HES_Fremantle.jpg/640px-Prof_HES_Fremantle.jpg)
Fremantle was die enigste gesiene Engelssprekende wat betrokke was by die stigting van die Nasionale Party in 1915, maar het in 1922 uit die NP bedank toe die party ’n resolusie aanvaar ingevolge waarvan Suid-Afrika die reg moes hê om af te skei (sesessie) van die Verenigde Koninkryk, Fremantle se vaderland, iets waarmee hy hom hoegenaamd nie kon vereenselwig nie. Hy was 'n liberaal wat die verkeerde kamp binnegedwaal het, volgens dr. A.C. Partdrige wat artikels oor hom geskryf het in sowel die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek as die Standard Encyclopaedia of Southern Africa.