Hendrik de Vries
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hendrik (Henry) de Vries (17 Augustus 1896, Groningen, Nederland - 18 November 1989, Haren (Groningen), Nederland) was 'n belangrike Nederlandse digter en skilder. Hy was een van die vroegste surrealiste. Die onderbewuste speel 'n groot rol in sy poësie.
Hy het baie inspirasie geput uit sy belangstelling in Spanje en die Spaanse mense en kultuur. Hy het Spanje dikwels besoek en later verskeie gedigte in Spaans geskryf.
De Vries het 'n groot hoeveelheid poësie, geskrifte en kunswerke gepubliseer. Hy het ook bygedra tot die letterkundige tydskrif Het Getij.