From Wikipedia, the free encyclopedia
Hans Swarowsky (16 September 1899 - 10 September 1975[1]) was 'n Oostenrykse dirigent van Hongaarse oorsprong.
Swarowsky is gebore in Boedapest, Hongarye. Hy het dirigeer studeer onder Felix Weingartner en Richard Strauss.[2] Sy leermeesters in musikale teorie het Arnold Schoenberg en Anton Webern ingesluit.[1]
Herbert von Karajan het hom uitgenooi om die permanente pos van dirigent van die Weense Staatsopera op te neem.[2]
Hy was 'n professor aan die Weense Akademie van Musiek. Sy studente sluit Claudio Abbado, Mariss Jansons, Alexis Hauser, Alexander Alexeev, Zubin Mehta,[1] Leonid Nikolaev, Paul Angerer, Ádám Fischer, Iván Fischer, Avi Ostrowsky, Jesús López-Cobos, Gustav Meier, Miltiades Caridis, Aleksandr Alekseyev, Giuseppe Sinopoli, Gianluigi Gelmetti, Brian Jackson, Alfred Prinz, Bryan Fairfax, James Allen Gähres, Albert Rosen en Bruno Weil in, waarvan verskeie later prominente dirigente geword het. Otmar Suitner was Hans Swarowsky se opvolger aan die Weense Akademie. Swarowsky se lesings en essays is gebundel en gepubliseer as Wahrung der Gestalt, wat vandag dien as gesaghebbende ensiklopedie oor opvoerings en die begeleiding van orkeste. [3] Hy was vanaf 1957 tot 1959 hoofdirigent van die Skotse Nasionale Simfonieorkes.
Hy sterf in Salzburg, Oostenryk, minder as 'n week voor sy 76ste verjaardag.[1]
Vir sy amptelike diskografie, sien hier.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.