HMS Invincible (1907)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die HMS Invincible was 'n slagkruiser van die Britse Vloot tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hy was ontwerp as 'n pantserkruiser maar later herklassifiseer as 'n slagkruiser. Hy het dieselfde slaankrag gehad as 'n slagskip - amper dieselfde as die HMS Dreadnought - maar het minder pantser gehad om sy spoed te vermeerder. Die ontwerp was nie suksesvol nie en hy en die susterskepe kon nie die straf verduur tydens die Slag van Jutland nie - drie skepe insluitende die Invincible ontplof tydens die slag met groot lewensverlies. Sy hoogtepunt was tydens die Slag van die Falkland-eilande.