Die HMS Hood was een van Brittanje se bekendste slagskepe. Nadat hy te water gelaat is gedurende 1920 is hy beskryf as die mooiste oorlogskip ter wêreld. Hy was 'n nuwe geslag slagskip wat spoed met pantser gekombineer het. Ongelukkig was sy pantser op die verkeerde plekke waar dit nie werklik nodig was nie. Skepe se pantser is veronderstel om die skip se masjinerie en magasyne te beskerm.
Hy het 42 100 ton water verplaas by voltooiing en was toegerus met agt 15-duim kanonne, tien 4-duim kanonne en vier 21-duim torpedo buise. Hy is aangedryf deur vier stoomturbines wat 144 000 dryfasperdekrag gelewer het en kon 'n spoed van 31 knope haal.
Hy is gekelder op 24 Mei 1941 deur die Duitse slagskip, Bismarck en die kruiser Prinz Eugen. Een van die Bismarck se 15-duim projektiele het een van sy magasyne binnegedring en Hood het ontplof en binne minute gesink. Slegs drie van 1 418 bemanningslede het dit oorleef.
- The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975. ISBN 0-600-33111-3
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.