From Wikipedia, the free encyclopedia
Die guppie (Poecilia reticulata; Engels: guppy) is 'n varswatervis. Dit is een van die gewildste akwariumvisspesies ter wêreld. Die vis kom natuurlik voor in noordoostelike Suid-Amerika en die Karibiese Eilande. In Suider-Afrika kom dit voor in KwaZulu-Natal, die Kurumanoog en die Otjikotomeer in Namibië. Dit staan ook bekend as die miljoenvis.
Guppie | |
---|---|
Volgroeide vroulike en manlike individue. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Poecilia |
Spesie: | P. reticulata |
Binomiale naam | |
Poecilia reticulata Peters, 1859 | |
Sinonieme | |
Acanthocephalus guppii |
Die wyfie (60 mm) is groter as die mannetjie (30 mm) en die lyf is dieper en ronder as die mannetjie s'n. By die wyfie is die stertvin ook bolrond. Die mannetjie is skraler met goed ontwikkelde gonopodia. Die mannetjie se kleur wissel aansienlik het gewoonlik kombinasies van helderrooi, blou, turkoois en geel. Swart kolle en strepe kan ook voorkom. Die wyfie het 'n swart kol bokant die anus.
Die guppie is lid van die familie Poeciliidae. Soos al die ander lede van die familie word hulle lewendig gebore (die eiers broei uit binne die wyfie); dus ovovivipaar. Hulle is ook bekend as vinnige broeiers. Die draagtydperk is 22 tot 26 dae. Die vis kan leef in vars- en brakwater. Hulle verkies egter warmer water, 23-24 °C, en benodig water met baie plantegroei in vir oorleweing. Die vis vreet muskietlarwes en klein wurms.
Robert John Lechmere Guppy het guppies vir die eerste keer in 1866 in Trinidad ontdek. Die vissie is die eerste keer in 1912 in Gauteng en KwaZulu-Natal losgelaat as natuurlike plaagbeheer teen muskiete.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.