Grootmalmok
voëlspesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die grootmalmok (Diomedea exulans), ook die grootalbatros genoem, is 'n groot, wit seevoël. Die voël het 'n blekerige pienk snawel wat in 'n kenmerkende geel punt eindig. Dit het swart punte op die vlerke. Dit het 'n swewende vlug en die vlerke word nie dikwels geklap nie. Die spesie broei op eilande in subantarktiese streke. Dit word deur die IUBN as 'n kwesbare spesie geklassifiseer.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Grootmalmok | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. exulans |
Binomiale naam | |
Diomedea exulans (Linnaeus, 1758) | |
Sluit
Die grootmalmok is 'n nie-telende besoeker aan Suid-Afrikaanse diepseewaters, veral in die winter. Dit kom van Namibiese tot Mosambiekse waters voor.