Groothertog Kirill Wladimirowitsj van Rusland
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Wladimirowitsj en die van is Romanof.
Kitsfeite Huis, Gebore ...
Groothertog Kirill Wladimirowitsj | |
---|---|
Huis | Holstein-Gottorp-Romanof |
Gebore | 12 Oktober [O.S. 30 September] 1876 |
Oorlede | 12 Oktober 1938 |
Eggenote | Prinses Victoria Melita van Sakse-Koburg en Gotha |
Kinders | Maria, Kira, Wladimir |
Vader | Groothertog Wladimir Aleksandrowitsj |
Moeder | Marie van Mecklenburg-Schwerin |
Sluit
Groothertog Kirill Wladimirowitsj van Rusland (Russies: Кирилл Владимирович Романов; 12 Oktober [O.S. 30 September] 1876 – 12 Oktober 1938) was lid van die Russiese keiserlike familie. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 en die dood van tsaar Nikolaas II en sy broer, Michail, het Kirill die hoofskap van die keiserlike familie oorgeneem. Hy het later die titel "keiser en outokraat van Rusland" aangeneem.