Grafskending
From Wikipedia, the free encyclopedia
Grafskending of grafskennis beteken die moedswillige vernietiging of beskadiging van grafte. In teenstelling met grafroof is grafskennis meestal suiwer vernielsug. Grafskending is volgens die Suid-Afrikaanse Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 'n misdaad. Die verwydering van (blom)versierings, aangeplante bome, ystertralies of sierhekke word ook hierby ingereken. Elke ongemagtigde ingryp of verandering in die toestand van 'n graf is, maar wel met die plaaslike wetgewing ingereken, gewoonlik 'n misdaad.