From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Goue koningvis (Gnathanodon speciosus) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf Durban noordwaarts. In Engels staan die vis as die Golden Kingfish bekend.
Goue koningvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | Gnathanodon Bleeker, 1851 |
Spesie: | G. speciosus |
Binomiale naam | |
Gnathanodon speciosus (Forsskål, 1775) | |
Sinonieme | |
Scomber speciosus Forsskål, 1775 |
Die goue koningvis is 'n stewige vis waarvan die kleur verander namate hy groter word. Wanneer hulle klein is, is hul kleur heldergeel, wat later verander om 'n soort silwer skynsel te verkry. Die volwassenes is silwer-goud op die sye en die pens is geel. Daar is vertikale strepe op die sye en die vinne is gelerig terwyl die anale vin byna goud van kleur is. Alhoewel enkele visse van 10 kg reeds gevang is weeg die gemiddelde vis tussen 0.5 en 5 kg.
Die goue koningvis kom veral by riwwe voor. Die vis kan sy mond vorentoe verleng om 'n tuit te vorm wat besonder voordelig is wanneer van die bodem of van riwwe af gevoed word. Hulle vreet krappies, wurms, klein vissies en enige ander diertjies wat op die bodem rondbeweeg. Dit is 'n goeie eetvis.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.