Giora Epstein
Israeli vegvlieënier / From Wikipedia, the free encyclopedia
Giora "Hawkeye" Epstein (Hebreeus: גיורא אפשטיין) (gebore 20 Mei 1938 in Negba) is 'n afgetrede generaal van die Israeliese Lugmag wat volgens beskikbare inligting meer straalvliegtuie neergeskiet het as enige ander vlieënier in die Arabies-Israeliese konflikte.
Kitsfeite Bynaam(e), Geboortedatum ...
Giora Epstein / Giora Even | |
---|---|
Giora Even, skets deur Jay Ashurst | |
Bynaam(e) | Hawkeye |
Geboortedatum | 20 Mei 1938 |
Lojaliteit | Israel |
Diens/Tak | Israeliese Lugmag |
Jare in diens | 1956–98 |
Rang | Tat aluf |
Ander werk | vlieënier |
Sluit
Epstein het 17 straalvliegtuie, almal Egipties, afgeskiet. Die algemeen aanvaarde wêreldrekord ("ace of aces") vir straalvliegtuig teen straalvliegtuig gevegte is 21, deur Nikolay Sutyagin.
Epstein was 'n aktiewe Israeliese Lugmagvlieënier van 1963 tot 1998, toe hy afgetree het. Hy het daarna, soos baie ander afgetrede Israeli Lugmagvlieëniers, vir die El-Al lugdiens gewerk.